Kontak Vorm

  • Enter the code into the space provided.
  • The code is case sensitive.
captcha

Kurrikulum

Ons volg die CAPS kurrikulum wat vereis word deur die Departement van Onderwys.
'n Oopplanstelsel word gevolg: tydens vrye spel het die leerders 'n keuse van speelplek nl. skeppende area, fantasie area, kognitiewe area, randaktiwiteite en buitespel.

Roetine tye is soos volg

Oggendkring

Waar nuus, die weer, dae van die week, ens. bespreek word. Bybelverhale word vertel en liedjies gesing.

Toiletroetine

Gesonde, higiëniese beginsels word aangeleer.

Etenstye

Klem word geplaas op gesonde eetgewoontes en goeie tafelmaniere.

Kringe

Musiek- drama- dans- bewegings- besprekings- en verjaarsdagkringe asook ontwikkelingspele (Liggaamlike opvoeding) Stories en taalontwikkeling: Die pre-primêre program word daagliks afgesluit met taalontwikkeling en 'n storie.

Vryspel

Wye keuse van verskeie sensopatiese aktiwiteite wat sand, water-en modderspel insluit Pophuis, klim- en klouterapparaat, balanseerbalke, hindernisapparaat en fietse. Skeppende aktiwiteite soos verf, kleispeel, teken, ens. Kognitiewe aktiwiteite, blokkespel en opvoedkundige speletjies.

Graad R Leerders

DIE NUUTSTE DEPARTEMENTELE kurrikulum word gevolg vir die Graad R leerders.

Vorderingsverslae

Leerders ontvang vorderingsverslae twee keer per jaar. Die hoof en onderwyseres is te alle tye beskikbaar om probleme of mylpale met ouers of voogde te bespreek. U word aangemoedig om met ons te kommunikeer.