SKOOLURE

img1
Skoolure: 07h00 - 12h30
Nasorg: 12h30 - 17h00
Vakansiesorg: 07h00 - 17h00

WELKOM

img2

Welkom by Toktokkie Jungle

"Klein treetjies tot 'n blink toekoms"

Toktokkie Jungle Pre-Primêre Skool is 'n Tweetalige Skool (Afrikaans/Engels) in Durban-Noord wat spesialiseer in die onderrig van kleuters vanaf +-4 Maande tot Graad R.

ONS SKOOL SE VISIE

img3
Om 'n puik pre-primêre skool te bedryf gebaseer op uitmuntende onderwys, gesonde finansiële bestuur, optimale groei en standvastige waardesisteem, waar elke kleuter geborge en gelukkig kan voel.

FASILITEITE

Opvoedkundige speelgoed
Fietse
Skopfietse
Trek- en stootapparate
Sandputte
Verskeie balanseer apparate
Groot skaduryke speelplek
En baie meer
Durban-Noord Kollege - DNK is n tweetalige Laer- en Hoërskool wat op dieselfde gronde as Toktokkie geleë is.

SKOOLDRAG

img4
Ons is trots op ons skooldrag en alle leerders word aangemoedig om dit daagliks te dra. Skooldrag kan by die skoolkantoor bestel word.

MY SCHOOL

img6

Ouers word aangemoedig om MySchool kaarte te gebruik.

VERTONINGS

img5
Vertonings vorm 'n integrale deel van ons program. Daar is vyf vertonings gedurende die jaar. Die vertonings word ingereken by u kind se skoolgeld.