Oggendkring
Waar nuus, die weer, dae van die week, ens. bespreek word. Bybelverhale word vertel en liedjies gesing.
Toiletroetine
Gesonde, higiëniese beginsels word aangeleer.
Etenstye
Klem word geplaas op gesonde eetgewoontes en goeie tafelmaniere.
Kringe
Musiek- drama- dans- bewegings- besprekings- en verjaarsdagkringe asook ontwikkelingspele (Liggaamlike opvoeding) Stories en taalontwikkeling: Die pre-primêre program word daagliks afgesluit met taalontwikkeling en 'n storie.
Vryspel
Wye keuse van verskeie sensopatiese aktiwiteite wat sand, water-en modderspel insluit Pophuis, klim- en klouterapparaat, balanseerbalke, hindernisapparaat en fietse. Skeppende aktiwiteite soos verf, kleispeel, teken, ens. Kognitiewe aktiwiteite, blokkespel en opvoedkundige speletjies.
Graad R Leerders
DIE NUUTSTE DEPARTEMENTELE kurrikulum word gevolg vir die Graad R leerders.