Kontak Vorm

captcha
  • Voer die kode in die voorsiene spasie in.
  • Die kode is hooflettergevoelig.

Personeel

Annalie Erasmus
Skoolhoof, Rooibokklas, Kameelperdklas, Zebraklas: Onderwyseres, Afrikaans Graad R
Annalie is 'n gekwalifiseerde grondslagfase onderwyseres. Sy beskik oor 'n nagraadse sertifikaat in Grondslagfase, geslaag met lof (UNISA), 'n sertifikaat in vroeë kinder Ontwikkeling deur UCO en 'n Nasionale Kuns Diploma.
Lichelle Larcher
Onderhoof, Lion Class: Onderwyseres, Graad R
Lichelle beskik oor 'n B.Ed graad in Grondslagfase-onderwys. Sy werk al vir 11 jaar by Toktokkie en is passievol oor kinderonderrig.
Winnie Ferraz
Administrasie
Winnie is 'n staatmaker wat al van 2007 by ons werksaam is. Sy hanteer al die sekretariële werk, administrasie en rekeninge.
Sonika de Klerk
Uiltjieklas: Onderwyseres, 4 tot 24 Maande Babas en Nasorg
Sonika is saggeaard en vindingryk en vind baie aanklank by die leerders.
Larissa Larcher
Crocodile Class: Onderwyseres
Larissa beskik oor 'n B.Ed graad in Grondslagfase-onderwys. Sy is 'n waardevolle aanwins in die klaskamer.
Wendy van Rensburg
Elephant Class: Onderwyseres, Engels Vier tot Vyf Jarigers
Wendy is al vir 14 jaar 'n waardevolle aanwins vir die Toktokkie span. Sy is 'n entoesiastiese juffrou met baie liefde vir kinders, en onderwys. Wendy het haar B.ed in grondslagfase-onderwys.
Hannelie
Skilpadklas: Onderwyseres
Juffrou Hannelie het die korporatiewe wêreld in 2022 agter gelaat vir 'n wêreld vol kleur, lag en speel. Sy beskik oor 'n Hoëronderwyssertifikaat in Vroeë Kinderontwikkeling deur Newbridge Graduate Institute. Sy is vriendelik, lojaal en gaan altyd die ekstra myl om die kleuters speel-speel te leer.
Ameera
Lion Class: Klasassistent
Ek studeer tans vir ’n Diploma in Vroeë Kinderontwikkeling en is passievol daaroor om jong leerders gedurende hul grondslagjare te ondersteun. Ek is toegewy daaraan om ’n positiewe en koesterende leeromgewing te skep. Na voltooiing van my diploma beplan ek om my studies voort te sit deur ’n Baccalaureusgraad in Grondslagfase-onderwys te verwerf.
Elzaan Putter
Rooibokklas & Kameelperdklas: Klasassistent
Elzaan beskik oor 'n Hoëronderwys sertifikaat in vroeë kinderontwikkeling deur Embury Kollege. Sy het ook 'n kursus in inklusiewe onderwys voltooi deur UNISA. Sy het 'n groot liefde en passie vir kleuters.
Fortunate Ngcobo
Klasassistent en Nasorg
Die bekwame dame is die Uiltjieklas assistent en sy help ook met Nasorg.
Gugu Mkhize
Uiltjieklas: Klasassistent
Die vriendelike dame is 'n groot hulp in die Uiltjieklas.
Khumbo Blose
Klasassistent en Nasorg
Khumbo is 'n saggeaarde dame wat 'n Vroeë kinderontwikkeling kwailifikasie deur Embury College behaal het.
Joyce Mkhothi
Skilpadklas: Klasassistent en Nasorg
Gekwalifiseerde en toegewyde opvoeder met 'n Baccalaureusgraad in onderwys. Geregistreer by SACE. 'n Gemotiveerde persoon wat addisionele kwaliteit en sterk analitiese en probleemoplossingsvermoë bring. 'n Harde werker, passievol en gedissiplineerd. Ek is lief vir kinders en ek hou daarvan om rondom hulle te wees en hulle te help om meer opvoedkundig te groei.
Dumisa Chili
Algemene Assistent
Hy is ons algemene assistent waarsonder ons nie kan klaarkom nie.
Patric
Sekuriteitswag
Patric ons lojale en pligsgetroue sekuriteits beampte is trots daarop om seker te maak dat almal by Toktokkie veilig is.